Studentesimposium in die Natuurwetenskappe 2023

Die volgende jaarlikse simposium vir nagraadse natuurwetenskapstudente van universiteite en tegniese universiteite (Honneurs, MSc, PhD en ekwivalente kwalifikasies), gereël deur die Afdelings Chemiese Wetenskappe, Wis- en Natuurkunde en Biologiese Wetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, vind op 23 en 24 Oktober 2023 plaas.


Die simposium word beplan met die oog op fisiese bywoning deur deelnemers en toehoorders. Geen voorsiening sal vir virtuele deelname of bywoning gemaak word nie. 

Die 2023-simposium word in samewerking met die Departement Chemie van die Universiteit van Pretoria by Future Africa op die Hillcrest-kampus aangebied. Die simposium skop af met 'n openingsgeleentheid op 23 Oktober (16:00-21:00), terwyl die aanbiedings deur studente op 24 Oktober sal plaasvind.

Registrasie vir die simposium open 3 Julie 2023 vir studente wat wil deelneem of persone wat slegs wil bywoon. 

Sluitingsdatums is as volg:
- 15 September 2023 vir studente wat aanbiedings wil doen
- 17 Oktober 2023 vir persone wat slegs wil bywoon.

Ons sien dus uit daarna om jou saam met die Departement Chemie van die Universiteit van Pretoria by  die 2023-studentesimposium te ontvang!

Hoe om te registreer
●   Registreer asseblief op hierdie webwerf om aan die simposium deel te neem.
●   Dit is om 'n referaat of 'n plakkaat by die simposium aan te bied of om dit slegs by te woon.
●   Vir 'n referaat of 'n plakkaat, lees die bladsy met titel "Voorskrifte" op hierdie webwerf noukeurig.
●   Gebruik verkieslik jou gmail, yahoo of derglike e-posadres om mee te registreer.
●   Tydens die registrasieproses word 'n e-pos aan jou gestuur met 'n skakel om op te klik.
●   Jou registrasie word geaktiveer nadat jy op hierdie skakel geklik het.
●   'n Persoonlike profiel is dan vir jou geskep, waarop jy kan aanteken.
●   Jy kan dan jou opsommimgs op die simposiumstelsel laai of jou besonderhede wysig.
●   Onthou dat 'n nie-terugeisbare registrasiefooi van R350 gehef word en vooraf betaalbaar is.
●   Betalingsbesonderhede word verskaf in die e-pos wat jy tydens die registrasieproses ontvang.


Nuus - sien nuusbriewe

  • Bespreking van verblyf: 2023 simposium - laai pdf af

  • Die simposium word by Future Africa op die Hillcrest-kampus aangebied. Future Africa beskik oor 105 gastekamers, waarvan 70 dubbelkamers is. Die tarief is baie bilik, naamlik R 710 vir 'n dubbelkamer, m.a.w. R 355 per persoon. Die geriewe is egter basies en nie op die standaard van hotelle nie. Ontbyt/aandete is ekstra. Om te bespreek, vul die besprekingsvorm (aangeheg) in en stuur dit aan chris.prieto@futureafrica.science

    "https://www.futureafrica.science/our-campus/hotel-accomodation"

  • Sukkel jy met jou registrasie??

  • Hoewel daar nie probleme met jou registrasie behoort te wees nie, is jy welkom om ons te kontak as jy dalk vashaak. Prof Rudi Pretorius is gereed om van hulp te wees. Skakel gerus 084 7275022 of stuur 'n e-pos aan pretorw@unisa.ac.za 

  • Uitnodiging: 2023-Simposium

  • Nagraadse studente van al die betrokke en verwante vakgebiede/studievelde, word uitgenooi om hulle navorsingsresultate by hierdie simposium in die vorm van 'n referaat of plakkaat aan te bied. Bywoning deur studente wat nie aanbiedings doen nie, dosente, studieleiers sowel as ander belangstellendes, word verwelkom.
     
    Die simposium begin Maandagmiddag 23 Oktober vanaf 16:00 met 'n openingsgeleentheid, duur tot Dinsdagmiddag 24 Oktober, en word saam met  die Departement Chemie van die Universiteit van Pretoria aangebied.
     
    'n Nie-terugeisbare registrasiefooi (administrasiefooi) van R350 word gehef en alle deelnemers sowel as persone wat slegs die simposium wil bywoon word aangemoedig om vanaf 3 Julie 2023 te registreer. Alle verversings en etes tydens die simposium word geborg, word gratis verskaf en is nie by die registrasiefooi ingesluit nie. 

  • Vakgebiede/Studievelde

  • Die vakgebiede/studievelde betrokke, sluit die volgende in:
    - Chemie
    - Biochemie
    - Metallurgie
    - Fisika
    - Wiskunde en Toegepaste Wiskunde
    - Wiskundige Statistiek
    - Operasionele Navorsing
    - Kwantitatiewe bestuur en Besluitkunde
    - Weerkunde, Oseanografie en Atmosfeerwetenskap
    - Geologie, Argeologie en Sterrekunde
    - Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels
    - Fisiese Geografie, Omgewingswetenskap en Geoinformatika
    - Biologiese en verwante wetenskappe
    - Ingenieurswesetoepassings van al bogenoemde vakgebiede
    - Onderrig en leer van al bogenoemde vakgebiede 

  • Facebook-bladsy

  • Besoek ons facebook-bladsy nou en wys jy hou van ons!!  
    "Studentesimposium in die natuurwetenskappe"


Wie en wat is die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns?

As multidissiplinêre organisasie het die Akademie ten doel om die wetenskap, tegnologie en kunste, asook die gebruik en gehalte van Afrikaans te bevorder. Die Akademie is op 2 Julie 1909 gestig en het oor die jare bekend geword weens die gereelde toekenning van literêre pryse (waarvan die Hertzogprys die bekendste is), ander prestigepryse soos die N.P. van Wyk Louwmedalje, publikasies (twee gereelde tydskrifte en talle geleentheidspublikasies), die werk van die Taalkommissie aan die standaardisering van Afrikaans, die talle vakwoordeboeke en terminologielyste wat deur lede van die Akademie opgestel en gepubliseer is en die Wiskunde- en Geskiedenisolimpiade wat aangebied word.

More Reading:

  • chief-Body

  • chimney-Brass

  • clean-Bread

  • clear-Breath

  • cliff-Brother

  • Cloth-Building

  • Coal-Burn

  • cold-Burst

  • Color-Business

  • comb-Butter

  • Hoofborge


    Adams&Adams
    Afriforum
    Eureka
    Poretech
    Riptide Technology
    Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) Noordwes-Universiteit
    Verder Scientific
    Wirsam Scientific & Precision Equipment

    Borge


    Jeneel Technology Services Pty LtD
    Unisa